Index Page1 Page2 Page3 Page4 Page5 Page6 Page7 Page8 Page9 Page10
“START-UP” PROGRAM
WIL JY GRAAG 'N BESIGHEID BEGIN? ONS KAN JOU HELP!
Die Weskus Besigheid Ontwikkeling Sentrum (WBOS) het ‘n paar verskillende programme wat geskep is om die ontluikende entrepreneur beter te help, naamlik, Entrepreneurskap Ontwikkelings Program (EDP), Die Jeug Program en Subskripsie Program.

DIE ENTREPRENEURSKAP ONTWIKKELINGS PROGRAM
Hierdie program bestaan uit 5 dae van besigheidsvaardigheid opleiding, gevolg deur 2 weke van besigheids-berading, om sodoende die entrepreneur te help om sy/haar besigheidsplan op te stel.

Die volgende modules word in die kursus behandel:
  • Die eienskappe van ‘n entrepreneur,
  • Idee generasie, die bemarkingsplan,
  • Die finansiële plan,
  • Rekordhouding
  • Die besigheidsplan.
Sertifikate word aan suksesvolle leerders oorhandig, nadat hulle ‘n “bankbare” besigheidsplan opgestel het.

DIE JEUG PROGRAM
Die jeug program is gefokus op entrepreneurs wat tussen die ouderdom van 18 en 35 is.

Die Weskus Besigheid Ontwikkeling Sentrum is ‘n goedgekeurde diens verskaffer van die Umsobomvu Youth Fund (UYF). UYF reik koopbewyse (vouchers) uit aan jong entrepreneurs, wie hulp met die ontwikkeling van hul besigheid benodig. Daar is ‘n verskeidenheid koopbewyse.

Vir meer inligting oor die UYF koopbewyse of die jeug program, kontak Elsa Norman by 022 7141731.

Die Weskus Besigheid Ontwikkeling Sentrum het ook ‘n venootskap met The Nations Trust wat lenings aan jong entrepreneurs toestaan.

Hier is ‘n paar Entrepreneurs wat deur The Nations Trust gehelp was:
  • Esabella van Boven

    Esabella is die eienaar van ‘n Haarsalon in Louwville en wou graag die gebou koop waarin haar haarsalon geleë is. Sy het die WBOS genader vir ‘n lening. Ons kon haar help om ‘n lening by The Nations Trust te kry, om sodoende haar droom te verwesenlik.

    Vandag besit Esabella haar eie gebou en op die oomblik verskaf sy werk aan 2 mense.

  • BJ Gelant

    BJ Gelant, ‘n apteker, het in 2003 besluit om sy eie besigheid te begin en het ook so die eerste swart bemagtigde apteek in Vredenburg geopen. Met die hulp van The Nations Trust het BJ vandag ‘n volhoubare besigheid wat werk aan 2 permanente assistente , 1 deeltydse assistant, 1 deeltydse apteker, 1 permanente algemene werker en hy self as die voltydse apteker, verskaf.
KMMO SUBSKRIPSIE PROGRAM
Die Weskus Besigheids Ontwikkeling Sentrum het 'n subskripsie program wat entrepreneurs toegang tot die volgende dienste gee:
  • Besigheidsvaardigheid opleiding
  • Netwerk geleenthede en KMMO Forum Vergaderings
  • Werkswinkels en seminare
  • Besigheidsadvies en berading
  • Hulp met die aansoek van 'n lening
  • Artikel deur: Elsa Norman
Elsa informs us of the start-up programme which comprises of the EDP, youth programme and subscription programme.

The youth programme targets SMMEs between the ages of 18 and 35. The programme gives young entrepreneurs access to business development vouchers as well as loans.

The EDP is a 5 day course followed by 2 weeks of mentor assistance, which helps SMMEs with compiling their business plan. The subscription programme provides access to business skills training, networking opportunities, business advise and access to finance.

For more information on any of these programmes, contact Elsa.



Top
Annual Report | Newsletter | Results | Home - Contact Us | Business - Accredited SMMEs | Training | Export & Finance | Projects | Youth | Partners | About Us


contact webmaster: info@eyeon-newmedia.com